Photovoltaic Solar Panel Solutions

Photovoltaic Solar Panel Solutions

Photovoltaic Solar Panel Solutions

Photovoltaic Solar Panel Solutions

Photovoltaic Solar Panel Solutions

THABAZIMBI—Afrikaans

Thaba Solar bedryf ‘n besigheid in hernubare energie deur sonkrag. Dit is ‘n gevestigde besigheid wat alreeds die afgelope 7 jaar vanuit Thabazimbi handeldryf.

Met toenemende belangstelling in die gebruik van sonkrag, het Thaba Solar besluit om ‘n kantoor in Thabazimbi te vestig. Alle sonkrag produkte word hier verkoop. ‘n Nuwe toevoeging tot hul produkte vanaf Augustus 2011 is Son water verhitting-stelsels. Thaba Solar
hanteer dus die installering van Son Geysers en Hitte Pompe.

Sonkrag verwys na energie wat opgewek word deur die son en omgeskakel word in hitte wat elektrisiteit vrystel. Skoonlug is belangrik en sonkrag sisteme is skoon, duursaam en met aardverwarming op almal se lippe is dit voordelig om ‘groen’ te wil lewe. Dan met die afgelope verhogings in Eskom krag, word dit alhoemeer koste
effektief om in sonkrag te belê. ‘n Goeie kwaliteit stelsel, reg gekwoteer en geïnstalleer, het ‘n lewensduur van ± 20 jaar.

Daar word gefokus op alle sonkrag produkte en installasies. Dit sluit in “Grid en Off-grid” installasies van omsetters, sonpanele, batterye en reguleerders.

By Thaba Solar glo ons in kwaliteit en daarom voorsien ons aan ons kliënte die allerbeste produkte op die mark. Die omsetters en reguleerders is ‘n Amerikaanse konsep vervaardig na deeglike navorsing en ontwikkeling. Die sonpanele word in Duitsland vervaardig, ‘n 1ste-wêreld-land wat ontwikkeling betref, ander vér vooruit is.

Heelwat onkunde wat bestaan rondom die gebruik van sonkrag. Daar is verskillende produkte en nie almal is reg ingelig om die korrekte produk aan te koop nie. Dit is dus belangrik om jouself goed te vergewis van produkte op die mark en wat elkeen se werking is. So kry mens byvoorbeeld ‘n “Sine-Wave” en “Modified Sine-Wave” omsetters.

Elkeen het verskillende gebruike en toepassings.

Thaba Solar verskaf dus die volledige oplossing aan kliënte wat sonkrag wil gebruik. Dit kan dien as ‘n ‘back-up’ tydens kragonderbrekings; of gedeeltelike krag voorsiening wat lei tot besparing op elektrisiteit deur die installering
en gebruik van ‘n ‘son geyser’; of jy kan jou hele huishouding oorskakel op sonkrag (met die opsie om Eskom as ‘back-up’ dien) en sodoende op die lange duur ‘n besparing op elektrisiteits rekenings bring.

Thaba Geyser fokus op Sonkrag-verhittings-stelsels wat gebruik word vir enige aanwending op plase asook in die residensiële gebied. Thaba Geyser is ‘n agent vir Tasol Solar wat die vinnigste groeiende Sonkrag-verhittings-stelsels maatskappy in Suid Afika is. Die hoë druk stelsels is in Duitsland ontwerp en vervaardig en voldoen aan al die SABS standaarde. Tasol is geregistreer by Eskom vir die rabat stelsel, sodoende word die rabat afslag stelsel toegepas. Tasol is ‘n borg van Jakaranda “Good Morning Angels” en ook te siene op Kyknet. Namens die kliënt word daar by

Eskom aansoek gedoen vir die rabat en sodoende vergemaklik ons die prosesse in die verkryging daarvan.

Verskillende opsies om van die huidige geyser na sonkrag geysers oor te slaan, is beskikbaar asook die installering van die ‘Hitte pomp’ wat ekonomies voordelig is en ‘n besparing in die gebruik van krag meebring. ‘n Besparing van tot en met 75% van warm water verhitting.

Die personeel van Thaba Solar probeer voorsien in elkeen van hul kliënte se behoeftes. Gee persoonlike aandag en probeer oplossings vind wat uniek is aan elkeen se behoeftes. Ons verskaf gratis advies en raad om u behoeftes te bepaal en ‘n oplossing te vind.

Verhoog die waarde van u eiendom deur oor te skakel na Sonkrag. Op die langeduur betaal die belegging vir homself. Uitleg op die korttermyn gereken is nie sakpas nie, maar oor ± 2-jaar, sal u van oor to oor glimlag vir die besparings op u elektrisiteitsrekening. As ‘n gebruiker van sonkrag, kan ek dit aanbeveel.

Installerings is reeds gedoen in Thabazimbi, Northam, Ellisras, en ander areas in die omgewing.

Ontmoet die Thaba Solar Span

The Thaba Solar team / Die Thaba Solar Span
Danie Janse van Vuuren

Agter

  • Gert Visser – Sales Manager
  • Danie Janse van Vuuren – Marketing

Voor

  • Annelise Visser – Marketing Manager
  • Elzanne Potgieter – Finance & Admin
  • Fungai – Sales

Thanks to Danie Janse van Vuuren Snr

Danie Snr, die breinkind van Thaba Solar het op 76-jaar (16 Januarie 2015), besluit om aftetree.